DVB-T2

Lande volgens digitale TV-standaard wat daar gebruik word.

DVB-T2 is 'n die tweede generasie van DVB-T, die standaard wat gebruik word om digitale terrestriële televisie moontlik te maak. Die standaard word deur die DVB-konsortium opgestel en gepubliseer. Die tweede generasie bied beter samepersing (kompaktering van data) en kan gevolglik meer kanale dra.

Op 14 Januarie 2011 het die Suid-Afrikaanse Departement van Kommunikasie aangekondig dat DVB-T2 vir digitale uitsendings in Suid-Afrika gebruik gaan word. Daar word beplan om die analoog-sein teen Desember 2013 af te skakel.[1][2][3][4][5]

Mense wat die sein wil opvang benodig 'n eksterne T2-dekoderder of 'n TV-stel met 'n ingeboude T2-dekodeerder. Teen Januarie 2013 was daar nog weinig TV-stelle met ingeboude T2-dekordeerders op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar.

  1. SA adopts DVB-T2 standard for digital TV 2011-01-14
  2. DVB-T2 Digital TV standard and white neo-colonialism 2011-01-17
  3. Digital TV standards battle ends: Logic prevails
  4. December 2013 cut-off for analogue TV | TechCentral
  5. Finally, SA is going digital | ITWeb

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search